Nama-Khoi kry sy eerste Veiligheidshuis

0

Die Namakwa-distrik het vir jare nie ‘n ‘Veiligheidshuis’ vir mishandelde vroue en kinders, gehad nie.

‘n Geskiedkundige gebeurtenis van die beskendstelling van die eerste veiligheidshuis in diè distrik, het verlede Vrydag (11 September 2020) plaasgevind.

Yedwa Saftety House, bestaan uit verskillende individue met een doel voor oë, om ‘n verskil te maak.

Die komitee van die Yedwa Safety House bestaan uit Richie Cloete, Marvin Farmer, Whynoma Love, Rosy Louw, Lucinda Raymond, Channay Pillay, Remona Pieters, Maggie Kulson en Colleen Cloete.

Hulle doel is om diensbaar te wees in die Nama-Khoi regsgebied.

Juf Kulson het die geleentheid  ge-open met gebed.

Whynoma Love het ‘n voorlegging gedoen en ‘n agtergrond gegee; oor wie  hulle is, wat hulle doen, waarvoor hulle staan, wat hulle beplan en hoe vêr hulle al gekom het.

In 2018 het Suid-Afrika die hoogste getal vroue-moorde aangemeld, teenoor die meeste verkragtings-statikstieke in die wêreld.

‘n Totaal van 41 000 verkragtings is aangemeld, wat beteken dat ‘n gemiddeld van 114 verkragtings sake per dag aangeteken was.

In dieselfde jaar was 18 000 kinder-verkragtings aangemeld en sowat 24 000 seksuele aanrandings teenoor kinders.

Slegs 9% van huishoudings is bekend met slagoffers van huishoudlike geweld.

‘n Oomblik van stilte was gedoen, ter herinnering aan slagoffers van geslagsgebasseerde geweld.

Yedwa Safty House het saamgesmelt, deur middel van reeds drie bestaande nie-regerende organisasies, Sprankie Hoop in Nababeep, die Crisis Centre wat in Bergsig geleë was, maar nou voorts gaan funksioneer Springbok.

Die Yedwa-hoofkantoor sal dus in Springbok geleë wees.

Met die hulp van die department van openbare werke, het Yedwa twee huise ontvang, waarin Yedwa hul dienste gaan lewer.

Die nuwe, nie-regerende organisasie, wat op die been gebring is, is in vennootskap met die departement van maatskaplike ontwikkeling en ander rolspelers, met takke in Springbok en Nababeep.

Die doel van die organisasie is om maatskaplike ondersteunigsdienste te lewer en ‘n veilige omgewing vir die mees kwesbare groep te bied.

Veral gemeenskapslede wat ge-affekteer word deur geweld en ander sosiale uitdagings, ongeag ras, ouderdom, kultuur, ensovoort.

Yedwa se visie is om ten volle geïntegreerde dienste te lewer aan families in die Namakwa distrik.

Die missie is om die oorlewendes van gesins- en seksuele geweld te bemagtig, deur ondersteuning te bied en om die gemeenskap op te voed, om sodoende toekomstige misbruik te verhoed.

“Yedwa beweeg daarna om ‘n katalisator vir verandering te wees, met die oog daarop om na ‘n veilige toekoms te beweeg.”

Die doel is om tydelike akkomadasie, asook fisiese en sosiale ondersteuning te bied, aan die mees kwesbares in ons gemeenskappe.

Yedwa wil gelagsgelykheid verseker, in alle sfere van die samelewing, en help met die ontwikkeling van toepaslike maatskaplike werke, terapeutiese intervensieprogramme aan te bied.

Daar is ‘n verskil tussen ‘n veiligheidshuis en ‘n skuiling.

Met die veilighiedshuis sal Yedwa meesal werk op die verwysings van die polisie, dit sal basies slagoffers wees wat  misdaad gaan rapporteer by ‘n poliestasie, sodat die slagoffers die nodige hulp kan ontvang indien hule sake sou open.

‘n Skuiling is ‘n plek vir persone wat nie ‘n heenkome het nie.

Daar is 16 maatskaplike werkers in die Noord-Kaap geidentifiseer.

Die Namakwa-distrik het drie maatskaplike werkers, onder andere Wilfred Magerman, verantwoordelik vir Nababeep stasie-wyk, Lizaan Cloete, verantwoordelik vir Springbok stasie-wyk en Josè Pieterse, verantwooderlik Khâ-Mai stasie-wyk.

Plaaslike statistieke toon dat Nababeep, Springbok en Pella meer deur geslagsgebaseerde geweld geraak word.

Yedwa Safety House is almal in Namakwaland se nalatenskap.

Leave A Reply

Your email address will not be published.