EFF dreig om NK departement van onderwys hof toe te sleep

0

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) in die Noord-Kaap het onlangs gesê dat hulle die provinsiale departement van onderwys hof toe wil sleep, weens die beweerde versuim om op te tree teen twee senior amptenare van die departement, wat beskuldig word van seksuele teistering.

Twee vroulike personeellede beweer die voorvalle dateer uit 2015 en is aan die departementele owerhede gerapporteer, maar niks is tot dusver aan die sake gedoen nie.

Een slagoffer het aan SABC Nuus uiteengesit hoe een van die senior amptenare in die departement, sy private dele aan haar blootgestel het.

Die EFF sê hulle is deur drie slagoffers genader.

Die EFF se provinsiale sekretaris, Shadrack Tlhaole, sê hulle kan nie agteroor sit en kyk hoe die lewens van die slagoffers vernietig word nie.

“Ons gaan die Departement van Onderwys hof toe neem omdat hulle nie die probleem ernstig opneem nie.”

Tlhaole sê dat die departement in die afgelope vyf jaar, niks aan die saak gedoen het nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.