Eks-kêrel skuldig bevind vir verkragting

 Eks-kêrel skuldig bevind vir verkragting

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD Konstabel Kgomotsego Mokomele

Die Noord-Kaapse polisiebestuur het die ondersoekbeampte, Konstabel Kgomotsego Mokomele, die nasionale vervolgingsgesag en die departement van justisie geloof vir hul samewerking om die tronkstraf van ‘n eks-kêrel op ‘n aanklag van verkragting te verseker.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat op 6 Februarie 2021 omstreeks 07:00 is die slagoffer deur haar gewese kêrel aangerand toe sy haar sinkhuis verlaat het om water te gaan haal.

“Die voorval het in Mapoteng Location, Kathu, gebeur. Hy het haar van agter gegryp en terug in die sinkhuisie gedruk, haar op die bed gegooi en haar verkrag. Die slagoffer het met die beskuldigde gestoei en kon ontsnap. Sy is deur haar buurman gered en het die aanranding by die polisie in Kathu aangemeld,” het Tawna gesê.

Die beskuldigde is gearresteer en borgtog geweier en het in polisie aanhouding gebly tot die afhandeling van die verhoor.

Op Vrydag, 18 Februarie 2022, het die Kathu-streekhof die eks-kêrel skuldig bevind en hom tot tien jaar direkte gevangenisstraf gevonnis en is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Bernadine Hearn

Related post