Elf gesoekte verdagtes vas

0

Die Roodepan speurders het ‘n opsporingsoperasie uitgevoer wat tot die inhegtenisneming van 11 verdagtes gelei het.

n Polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock, sê vroeër vandag het polisielede op niksvermoedende gesoekte verdagtes by hul huise in Roodepan en omliggende gebiede toegeslaan.

Die verdagtes word gesoek vir aanklagte wat wissel van poging tot moord, roof, aanranding, huishoudelike geweld, huisbraak en diefstal en lasbrief vir arrestasies,” sê Kock.

Die verdagtes, 9 mans en 2 vroue tussen die ouderdomme van 22 en 36 jaar sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.