Elf vasgekeer vir dwelm handel

"Daar is beslag gelê op twee voertuie, selfone, 'n kamera, mandrax-tablette en tik met 'n geraamde straatwaarde van R3, 3 miljoen en 'n onbekende bedrag geld."

0

‘n Multidissiplinêre span, onder leiding van die Valke ondersoek ernstige georganiseerde misdaad, Springbok K9, Plaaslike Kriminele Rekordsentrum en Upington Misdaadintelligensie, het tot gevolg gehad dat elf verdagtes tussen 29 en 42 jaar oud weens dwelmhandel in hegtenis geneem is.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, het gesê dat die sindikaatlede vroeër vanoggend (29 Maart 2021) in die Wes-en-Noord-Kaap in hegtenis geneem is.

Dit is tydens ‘n projekgedrewe ondersoek wat daarop gemik is om dwelms en dwelmhandel in Namakwa Cluster hok te slaan.

Die span het die sindikaat binnegedring, wat gelei het tot ongeveer dertien transaksies.

‘n Verskeidenheid middels wat mandrax en tik ter waarde van meer as R208 900 insluit, is van die sindikaatlede gekoop.

Daar is beslag gelê op twee voertuie, selfone, ‘n kamera, mandrax-tablette en tik met ‘n geraamde straatwaarde van R3, 3 miljoen en ‘n onbekende bedrag geld.

Na verwagting sal alle verdagtes op Dinsdag 30 Maart 2021 voor die landdroshof in Springbok verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.