Eskom stel Fase 2 beurtkrag in op Lentedag
Namakwalanders gaan na verwagting vanaand hul ‘Lentedag-aandete’ in kerslig moet geniet, nadat beurtkrag vir twee-en-‘n-halfuur, later vandag ingestel sal word.
Eskom het gister bekendgemaak dat Fase twee beurtkrag in die land, vandag ingestel sal word, tussen 12:00 en 22:00 vanaand.
Die kragvoorsiener het gesê dat sy netwerk tans onder druk is, nadat 10 opwekkingseenhede by sewe kragstasies, die afgelope 48-uur buitewerking was.
Indien Eskom nie die opwekkingseenhede gou genoeg kan herstel nie, sal beurtkrag ongelukkig voortduur, tot verdere kennisgewing.
“Beurtkrag sal vanaf sesuur (18:00) tot half nege vanaand (20:30), in Nama Khoi-, Kamiesberg-, Richtersveld- & Hantam munisipale areas ingestel word. ”
Gemeenskapslede word gevra om steeds elektrisiteit spaarsaming te gebruik en alle kragpunte as aan beskou, nadat die toevoer enigetyd kan herstel word.