#EyeCareAwareness: Werk wortels regtig vir gesonde oë?

"Skep gerus nog ’n porsie groente in, moenie die wortels vergeet nie!"

0

Oogsorgbewustheidsmaand vind hierdie jaar op 21 September tot 18 Oktober plaas!

In hierdie tydperk word bewustheid geskep oor die belangrikheid van ooggesondheid, spesifiek rondom die voorkoming en behandeling van vermybare blindheid.

Tharien Schoeman het haar eie praktyk, Springbok Oogkundiges en sy gee ’n paar basiese wenke vir algemene gesondheid van oë.

Schoeman is sedert 2010 op Springbok en is sedert 2016 in ’n vennootskap met Jaco van Wyk.

Sy het haar B.Optom graad by die Universiteit van die Vrystaat verwerf en toe ’n nagraadse diploma in Sport Visie by die Universiteit van Johannesburg verwerf.

Hier volg die wenke uit Schoeman se pen:

  • Beskerm jou oë teen die son.

Ultraviolet (UV) strale kan nie net die vel beskerm nie, maar ons oë ook. Nadele kan insluit; die vorm van onder andere katarakke asook kanker van ooglede.

Dit is dus raadsaam om jou oë te beskerm deur ’n sonbril en selfs ’n breëband hoed te dra.

Onthou dat UV strale ook skadelik is op bewolkte dae!

  • Verminder “Screen Time”

Ons leef in ’n tyd van tegnologie en ons spandeer deesdae en veral nou tydens die pandemie, baie meer tyd op selfone vir andemie, vir sosiale media, zoom meetings, video calls, of Netflix. Dit kan egter na ’n tyd jou oë moeg maak, en oogstremming veroorsaak. Daar is ’n 20-20-20 reël, elke 20 minute moet jy vir 20 sekondes na iets 20 voet weg kyk. Gebruik ook die selfoon skerm se filters (blue light filter) om jou oë te beskerm. Stel ook die helderheid op automaties dat die selfoon se skerm nie op sy helderste is nie. Dit maak nogal ’n groot verskil!

  • Eet ’n gesonde en geballanseerde dieet.

Vir ons oë om op hul beste te funksioneer moet ons sorg dat ons al ons vitamienes en minerale inkry, so skep gerus nog ’n porsie groente in, moenie die wortels vergeet nie!

  • Gaan vir jou gereelde oogtoetse.

Onthou om elke tweede jaar jou oogkundige te besoek, hulle kan dan dadelik optel indien iets verander het, en die bril aangepas moet raak. Hulle kyk ook na die algemene gesondheid van die oog. Enige probleme wat vroeg opgespoor word kan net soveel makliker en meer effektief behandel word. Onthou ook dat indien jy voor die twee jaar verby is, ’n spesifieke probleem ondervind, maak eerder dadelik ’n afspraak en laat die kundiges jou gemoedsrus kan gee met die regte behandeling.

  • Moenie jou algemene gesondheid afskeep nie!

Onthou dat jou algemene gesondheid ook jou oë affekteer. Iemand met byvoorbeeld diabetes is geneig om makliker sig probleme te ondervind indien hul glukose vlakke nie reg en onder beheer is nie. So besoek jou algemene praktisyn en volg die raad soos deur hul voorgeskryf.

  • Grimering!

Dis een wat ons afskeep. Grimering en grimeer kwassies kan bakterieë bevat wat oog infeksie kan veroorsaak. Onthou om gereeld jou grimeer kwassies te was, jou maskara gereeld te vervang en ook nie grimering tussen vriendinne te deel nie. Moet ook nooit gaan slaap met grimering nog aan jou gesig nie.

  • Quit Smoking!

Ongelukkig is rook ook nie goed vir ons oë nie en is ons kanse om ons sig te verloor weens sekere oog siektes verhoog.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.