Families kry handige inligting onder “Ou-D” se boom

"Ouers moet let op wat hul kinders op die Internet doen  en gereeld hul fone monitor vir enige slegte invloede ."

0

‘n Familiedagprogram het op Sondag, 23 Mei 2021, plaasgevind onder Dennis Coetzee, beter bekend as “Ou D” se boom in Okiep wat moontlik gemaak was deur FAMSA en ander rolspelers.

Die program was gelei deur Bonita Engelbrecht , ‘n maatskaplike werker betrokke by FAMSA waar  verskeie kwessies  aangeroer was  o.a: die impak van Tegnologie op die welstand van families, Ouerskap, Boelery en Mensehandel.

Van die rolspelers wat deel uitgemaak het van die dag was die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Nababeep wat verteenwoordig was deur Konstabel Dorothy Swartz.

Die negatiewe impak wat Tegnologie het op die welstand van families was een van die kernkwessies wat aangeroer was.

Familielede spandeer meer tyd op hul selfone as wat hul tyd spandeer met mekaar om familiebande te versterk.

Elkeen lê op sy selfoon wat gekonnekteer is op die “wifi”.

Volgens Engelbrecht is dit nie altyd ‘n goeie ding nie, want elkeeen in die gesin verkeer in sy eie wêreld weens onbeperkte Internet-toegang.

Kinders het toegang tot verskeie webwerwe waarvan baie ouderdomsbeperkinge het.

Ouers vernalaat hul kinders omdat hulle ook op hul fone besig is en belangrike dinge soos hul kinders se tuiswerk afskeep.

Te veel tyd op selfone lei tot onnodige konflik en kommunikasiegapings tussen ouers en kinders wat verder bydra tot gesingsgeweld.

Facebook bleik ook ‘n euwel te wees in die gemiddelde huisgesin omdat dit nie reg bestuur word deur ouers nie.

Sosiale Media wat die tegnolgie oorheers het inderdaad ‘n impak op gesinne volgens FAMSA.

As gevolg van onbetrokke ouers gaan soek kinders antwoorde op Google en blootgestel word aan invloede wat nie vir die kind se ouderdom geskik is nie.

Ouers moet let op wat hul kinders op die Internet doen  en gereeld hul fone monitor vir enige slegte invloede .

Kinders word op ‘n daaglikse basis geboelie deur middle van sosiale media wat afbrekend is tot die kind se emosionele welstand.

Mensehandel word deur die sosiale media  aangemoedig deur desperate mense wat reageer op advertensies vir werk en hul persoonlike besonderhede verskaf.

Mense was gemaan om uiters versigtig te wees in die gebruik van sosiale media omdat mensehandel ‘n realiteit is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.