Farmer se fiksheid leefstyl verrig wondere!

“Op laerskool was ek baie skaam en terug getrokke en ek het glad nie tevrede gevoel met die persoon wat ek was nie,” vertel hy.

0

Die 22 jarige, Sylvester Farmer het groot geword in Port Nolloth.

Farmer het met sy fikshied leefstyl begin op die ouderdom van 14, want hy in graad 8 was.

Farmer vertel dat hy sterker as ooit voel en hy het geen plan om nou te stop nie.

“Op laerskool was ek baie skaam en terug getrokke en ek het glad nie tevrede gevoel met die persoon wat ek was nie,” vertel hy.

Dit is hoe hy in die gimnasium beland het en aan oefening bloot gestel was.

“Ek het baie hard gewerk en resultate bereik het, asook die vriende wat ek ontmoet het, met dieselfde ingesteldheid, het grootliks tot my selfvetroue en motivering bygedra,” sê Farmer.

Hy vertel ook dat daar ‘n diepe passie en begeerte in hom brand om beter as gister te wees asook om die jeug te motiveer om te begin oefen.

Hy sê nie net is dit die beste besluit van jou lewe maar dit kan jou van baie verkeerde besluite weerhou en help jou met selfdissipline en vasberadenheid.

Sy fitness motto is “It’s a shame for a man to grow old without seeing the beauty and strength of which his body is capable”.

Leave A Reply

Your email address will not be published.