Fase 2 inentingsveldtog word binnekort in Namakwa uitgerol

0

Daniёl Grootboom, waarnemende distrik direkteur van Departement Gesondheid in Namakwa, het bekend gemaak dat die fase 2 inentingsplan binnekort in die Namakwa Distrik uitgerol gaan word.

Volgens Grootboom werk die department al sedert fase 1 aan die uitrol plan van fase 2.

Die tipe inenting wat in Namakwa uitgerol sal word is egter ’n kopseer omdat hierdie distrik se bergings fasiliteite nog nie op standaard is nie.

Die uitrol van die fase 2 inentingsveldtog sal na verwagting op Donderdag 27 Mei van stapel gestuur word.

“Volgens ’n sensus opname is daar omtrent 15 000 senior burgers in Namakwa,” sê Grootboom.

Grootboom moedig senior burgers aan om te registreer sodat hulle hul inentings kan ontvang.

Hy doen ook ’n beroep op die jonger persone om die senior burgers te help met die registrasie proses vir hul inentings.

Die departement van gesondheid sal ’n uitreikingsprogram van stapel stuur waar hulle die inentings na die verskeie dorpe vir senior burgers neem.

Inligting sal deurgegee word wanneer spesifieke dorpe besoek word.

Hy sluit af deur te verseker dat dit veilig vir senior burgers met onderliggende siektes is om die inenting te ontvang.

Leave A Reply

Your email address will not be published.