Feesseisoen veiligheidsveldtog op Roodepan

"Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat op Woensdag, 17 November 2021 om 09:00 het 'n energieke kollektiewe span deur tot deur besoeke in Lerato Park gebring."

0

‘n Multidissiplinêre Feesseisoenveiligheidsveldtog in samewerking met die Departement Vervoer, Veiligheid en Skakeling, Roodepan SAPD, Maatskaplike Misdaadvoorkoming, die Gemeenskapspolisiëringsforum, Sektorpolisiëring, Love-Life, Gesinsgeweldkoördineerders en Woman Against Crime het ‘n bewusmakingsveldtog by Roodepan U-Save gehou, as deel van hul veiliger feesseisoenprogram.

Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat op Woensdag, 17 November 2021 om 09:00 het ‘n energieke kollektiewe span deur tot deur besoeke in Lerato Park gebring.

“Groot skares gemeenskapslede is toegespreek en van veiligheidswenkpamflette voorsien. Die Roodepan waarnemende stasiebevelvoerder, lt kol Pieter Jansen het die platform gebruik om al die rolspelers te bedank en te waardeer en het gesê dat voortgesette programme van hierdie aard uitgevoer sal word in ‘n poging om misdaad in ons gemeenskappe uit te roei,” het kaptein Kock gesê.

Die gemeenskap is aangemoedig om die oë en ore van die gemeenskap te word om misdaad te bekamp en te voorkom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.