Flambojante radio-omroeper se loopbaan vat vlam na TV-verskyning

0

Heelwat deure het vir die Namakwalandse omroeper oop gegaan nadat hy op die televisieprogram, ‘Wraak My Mooi’, verskyn het.

Bekende omroeper en radiopersoonlikheid by Radio NFM, Richard Theron, is omtrent ’n maand na die produksie genader deur Gerhard Mostert, die reggiseur van ‘Wraak My Mooi’, om te verneem of Theron dalk belangstel in ’n podgooi.

The Castery is ’n podgooi-versameling in Kaapstad wat Suid-Afrikaanse talent bekend stel.

Gerhard Mostert en Nico Botha is die stigters van The Castery.

“Nadat The Castery my genader het, het ek natuurlik uit my vel uit gespring van opgewondenheid,” vertel Richard.

Vir hierdie bekende omroeper op NFM se ontbytprogram was dit ’n groot geleentheid om verder te gaan in die vermaaklikheidsindustrie waarvan hy nog altyd deel wou wees.

Hy het onmiddelik die geleentheid aanvaar.

“Ek het dadelik aan die werk gespring om te besluit waaroor die podgooi sal gaan, asook wie my gaste sal wees,” sê Theron.

Theron is ’n baie uitgesproke persoon en omdat hy op die oomblik in radio is word hy baie ingeperk oor sy opinies en standpunte.

The Castery het hom egter die nodige vryheid en ruimte  gegee om hom uit te druk oor wat hy mag praat en dit is ook wat hom baie opgewonde gemaak het.

Richard beskryf sy podgooi as ’n ‘variety show’.

“It’s entertainment at its best but also very informative,” vertel die flambojante Richard.

Hy wou invloedryke gaste kies vir sy podgooi en ook sodat sy luisteraars kan ‘relate’ met sy gaste.

Nadat hy sy gaste gekies het, het hy skouer aan die wiel gesit om onderhoude op te neem.

“Mense verskil baie waarvan elke onderhoud uniek is. Elke onderhoud was vir my ’n hoogtepunt en ek self kon soveel by my gaste leer,” vertel Richard.

Hy wil graag vir Kokerboom Media Productions en Radio NFM bedank wat hom gehelp het om die podgooi op te neem en te verwerk.

Wat vir hom baie uitstaan is die feit dat sy podgooi saam met groot name op The Castery verskyn.

Theron sukkel nogsteeds om grond te vat na hierdie geleentheid aan sy deur kom klop het.

Op 20 Julie het The Castery  ’n ‘soft launch’  begin waar 500 episodes alreeds afgelaai is asook 482 ure se luistergenot alreeds geniet is.

Richard se podgooi, ‘Lareeree Maak Shabba’, is vandag 4 Augustus op The Castery gelaai.

Dit sal beskikbaar wees op Iono en Spotify.

Hy is reeds besig om seisoen twee op te neem.

Die Namakwaland gemeenskap kan baie trots wees op alles wat Richard Theron al bereik het en nog gaan bereik!

Leave A Reply

Your email address will not be published.