Kuruman: Lewenslange tronkstraf vir moordenaar

"Brigadier Baloyi het ook die NVG en die departement van justisie toegejuig wat nou saam met die ondersoekbeampte gewerk het om te verseker dat geregtigheid geskied."

0

Op Vrydag, 6 Augustus 2021, het die streekhof in Kuruman vir Keena Donald Gift Mashalane (37) tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die 34 -jarige Boyfriend Simkhada in September 2017.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Sersant Mosimaneotsile Letsapa, het bevestig dat die beskuldigde betrokke was in ‘n rusie met die oorledene wat tot ‘n onderonsie tussen die twee gelei het.

“Die beskuldigde het daarna op die oorledene geskiet wat later in die hospitaal gesterf het weens die skietwond wat hy opgedoen het”, het Letsapa gesê.

Die bevelvoerder van die SAPD in Kuruman, Brigadier Kenneth Baloyi, het die ondersoekbeampte, Sers. Gabaitumele Solomon Tikane, geprys vir sy uitstekende ondersoekwerk wat gelei het tot die inhegtenisneming van die beskuldigde.

Brigadier Baloyi het ook die NVG en die departement van justisie toegejuig wat nou saam met die ondersoekbeampte gewerk het om te verseker dat geregtigheid geskied.

Leave A Reply

Your email address will not be published.