Frances Baard het die meeste KOVID-19 gevalle in die Noord-Kaap aangeteken

"Die provinsie se gemiddelde herstelpersentasie staan op 89%, wat 'n kummulatiewe totaal van 54 634 mense verteenwoordig wat van KOVID-19 herstel het."

0

Die Nasionale Departement van Gesondheid het die afgelope 24 uur ‘n bykomende 276 mense aangekondig wat positief getoets is vir KOVID-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die provinsie se totaal tot op 61 044 mense.

Die Frances Baard-distrik het die hoogste infeksies met 71 aangeteken; gevolg deur ZF Mcgawu (68), Namakwa (47), en Pixley ka Seme (44) en JT Gaetsewe (37).

terwyl nege gevalle nie toegedeel is nie.

Daar is drie (3) KOVID-19-sterftes in die provinsie aangemeld.

Die totale kummulatiewe sterftes in die provinsie het tot 1 443 toegeneem.

Die aantal aktiewe gevalle is 4 965 as gevolg van ‘n verbeterde herstelpersentasie.

In die nuwe verslaggewing het 254 mense herstel.

Die provinsie se gemiddelde herstelpersentasie staan op 89%, wat ‘n kummulatiewe totaal van 54 634 mense verteenwoordig wat van KOVID-19 herstel het.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.