Galashewe : SAPD wil verkragter vastrek

"Vind aangehegte ID-foto van vermeende verdagte."

0

Die eenheid in Galeshewe vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek ‘n saak van verkragting nadat ‘n 6-jarige meisie na bewering deur ‘n onbekende manlike verdagte verkrag is.

Kapt Sergio Kock, polisiewoordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap sê dat daar word beweer dat die slagoffer en ‘n vriend op 18 Julie 2021 omstreeks 17:30 naby die slagoffer se huis in Madibastraat, Galeshewe, gespeel het.

Die verdagte het hulle genader en wou hulle met kosgeld omkoop.

Toe die kinders weier het die verdagte een gegryp en na ‘n nabygeleë veld geneem  waar hy haar verkrag het.

Enige inligting oor die voorval kan deur gegee word aan Sersant Tanya Serfontein by 082 495 4605.

Vind aangehegte ID-foto van vermeende verdagte.

Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

Die ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.