Galeshewe man ontvang swaar vonnis vir verkragting

 Galeshewe man ontvang swaar vonnis vir verkragting

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD D/Sgt Aaron Gumede

Die polisie verwelkom die onlangse verkragtingsvonnis van 15-jaar wat opgelê is.


Themba Hope Dipheko(46) is vroeër hierdie week in die Kimberley-streekhof gevonnis.


Luidens ‘n polisieverklaring het Luitenant-Kolonel Sergio Kock gesê dat die eerste insident op Valentynsaand in 2015 plaasgevind het.


Dit is toe dat die beskuldigde ‘n 25-jarige vroulike slagoffer aangerand het, haar daarna met ‘n mes gedreig het en na sy huis in Tyalastraat, Galeshewe gesleep het.


Hy het haar aangerand en gepoog om haar te verkrag, maar sy het hard genoeg om hulp geroep toe die polisie die toneel betree.


Die verdagte het daarin geslaag om te vlug.


“Die tweede verkragtingsvoorval het die volgende oggend omstreeks 03:00 plaasgevind toe dieselfde beskuldigde op ‘n ander 17-jarige dame toegeslaan het,” het Kock bygevoeg.


Hy het haar twee vriende weggejaag en haar met dieselfde modus operandi gedwing om na sy huis te gaan.

Dié keer het Dipheko sy slagoffer met ’n gebreekte bottelnek gedreig en haar verkrag.


Hy het van die toneel gevlug, maar is die volgende dag deur die polisie in hegtenis geneem.


Die beskuldigde is op die aanklag van verkragting skuldig bevind en tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

Bernadine Hearn

Related post