Galeshewe SAPD sluit erfenismaand af deur bejaardes te bemagtig

"Sersant Styles het bejaardes aangemoedig om by die polisie aan te meld vir enige vorm van hulp wanneer hulle voel dat hulle mishandel word."

0

Die stasiebevelvoerder van Galeshewe SAPD, Brigadier Belinda Rikhotso, waarnemende VISPOL – bevelvoerder Luit-Kol Hoffmeester, Me. Mangie Bacon, Veiligheidsbevorderingsdepartement van Veiligheid en Skakeling, GPF, Departement van Veiligheidsvrywilligers en Sektorbevelvoerders het Donderdag ‘n afsluiting van Erfenismaand by Gaasca Ouetehuis aangebied.

Die woordvoerder van die SAPD in die Noord-Kaap, Kaptein  Bashoabile Kale het bevestig dat  Sersant Marry Styles, die sektorbevelvoerder van die gebied, het die gehoor toegespreek oor die Wet op Ouer Persone 13 van 2006.

Sy het gefokus sowel as op geslagsgeweld en het bejaardes aangemoedig om enige mishandeling teen hulle aan te meld by die polisie of die maatskaplike werkers by die sentrum.

Sy het beklemtoon dat die polisie daarvan bewus is dat pensioengeld van bejaardes deur hul kleinkinders en familielede misbruik word, en daar is geen aanmeldings  oor hierdie mishandeling nie weens vrees vir weerwraakaanvalle, verwaarlosing of isolasie.

Sersant Styles het bejaardes aangemoedig om by die polisie aan te meld vir enige vorm van hulp wanneer hulle voel dat hulle mishandel word.

“Brigadier Rikhotso van die stasie het bejaardes meegedeel dat haar kantoordeur te alle tye oop is vir diegene wat haar hulp nodig het. Sy het die bejaardes aangespoor om steeds die gewete van die land te bly onder die huidige wetteloosheidstoestande in ons gemeenskappe,” het Sersant Kale gesê.

Die bejaardes is bedien met middagete, lekkernye en musiek.

Die bejaardes bedank die stasiebevelvoerder omdat hulle in hul silwer jare na omgesien word.

‘n Bejaarde man wat by die Gaasca -kompleks woon, het die polisie versoek om patrollies rondom die kompleks op te skerp omdat hulle geteister word deur nyaope seuns wat naby hul huise agter in die kompleks sit.

radio nfmDie stasiebevelvoerder neem kennis van die bekommernisse van die ouer burgers en beloof om gereelde patrollies in die omgewing te ontplooi.

Leave A Reply

Your email address will not be published.