Garies ouers wil met grootkop praat

"HS Garies se groei in leerdergetalle het nie dramaties gegroei nie en regverdig dus nie addisionele leerkragte nie."

0

“Ons soek die grootkop hier op Garies, want niemand luister na ons nie.”

Dit was die algehele gevoel van ouers in Garies die afgelope week nadat hulle die skoolhekke by Hoërskool Garies toegesluit het weens ‘n tekort aan onderwysers en koshuispersoneel.

Volgens die voorsitter van die Skoolbeheerliggaam, Mnr Kosie Nero, kom hierdie kwessie van terkort aan onderwysers nou al ‘n lang pad aan en ‘n daadwerklike oplossing moet vinnig gekry word.

Die ouers is van mening dat die amptenare by die Noord-Kaap Onderwysdepartement (NKOD) nie luister na hul pleidooi en dat leerders se reg tot basiese onderwys gruwelik geskend word weens die departement se onvermoë om leerkragte en koshuispersoneel te voorsien.

Een van die amptenare op distriksvlak het die afgelope week die ouers toegespreek met die nuus dat twee opvoeders wel aan die skool toegeken was.

Ouers hou voet by stuk en dring aan om met die LUR vir Onderwys in die provinsie self te praat om hul griewe te lig sodat dit op die hoogste vlak aangehoor kan word.

‘n Woordvoerder van NKOD noem aan Radio NFM dat die onderwysposte aan skole word toegeken op grond van die leerdergetalle.

HS Garies se groei in leerdergetalle het nie dramaties gegroei nie en regverdig dus nie addisionele leerkragte nie.

NKOD volg ‘n voorgskrewe kriteria om poste aan skole te allokeer waarvan die groei in leerdergetalle die basis vorm van hierdie kriteria.

Ouers verbonde aan HS Garies verskil egter met die departement se prosesse.

Verlede jaar het ouers van die Wrenchville gemeenskap in Kuruman ook die hekke van Hoërskool Wrenchville met kettings gesluit weens ‘n tekort van 7 onderwysers.

Binne dae was die onderwysers beskikbaar gestel.

Suid-Afrika in die algemeen het ‘n tekort van sowat 24 000 onderwysers en die nuwe normaal plaas verdere druk op Onderwys.

’n Studie toon dat ‘n groot deel van die land se onderwyskorps reeds bo die ouderdom van 50 is en onderliggende mediese probleme het wat hulle vatbaar maak vir  KOVID-19.

“Dit is vir my belangrik dat ons leerders onderrig kry soos grondwetlik gewaarborg.

Ons kinders was reeds in 2020 benadeel as gevolg van die pandemie.

Hierdie probleem van personeeltekorte kom egter lank aan en ons dring aan om met die LUR te praat, sê Nero.

Die LUR  besoek die skool in volgende week.

Leave A Reply

Your email address will not be published.