Gebedsessie op Nfm vir mynongeluk en opkomende plaaslike verkiesings

"Die doel van die gebedsessie was om te bid vir die opkomende plaaslike verkiesings wat op 1 November gaan plaasvind asook die onlangse mynongeluk wat op Nuttabooi plaas gevind het. "

0

Verskeie geestelike leiers het op Sondag bymekaar gekom vir ‘n gebedsessie by Radio Nfm in Okiep.

Die doel van die gebedsessie was om te bid vir die opkomende plaaslike verkiesings wat op 1 November gaan plaasvind asook die onlangse mynongeluk wat op Nuttabooi plaas gevind het.

Geestelike leiers wat deel geneem het aan die sessie was Ds. Conroy Terblanch, Ds. Rynell Cloete, Eerwaarde Redge Van Schalkwyk, Ds. Christo Present, Vader Titus Daniëls,  Pastor Peter Diomi en Pastor James Banda en die afsluiting was beharting deur Ds. Eddy Swartbooi.

Hierdie was die tweede sessie wat gereël was deur die Ekumene in die Namakwa-streek onder leiding van Ds. Eddy Swartbooi.

“Ek voel so trots dat ek deel kan wees van ‘n groep geestelike leiers wie die belange van die Koninkryk eerste stel. Nie een van ons soek enige voordeel uit die sessie nie. Almal doen wat ons doen omdat God se Koninkryk eerste in ons is,” het ds. Swartbooi gesê.

In die eerste helfte van die sessie het hulle gevra dat die Here saam met diegene moet wees wat by die myn besig is met reddingsplanne.

Die tweede sessie het gehandel oor die opkomende plaaslike verkiesings.

Ds. Swartbooi het melding gemaak dat God is die hoogste gesag.

Dit gaan dus oor die wil en eer van God in die verkiesing.

God sal gee want Hy beloof dit aan Sy kinders.

Chris Whitlow van Buffelsrivier wat bykans ‘n jaar vermis is as gevolg van ‘n mynongeluk op Gamsberg, en waarvan sy liggaam nog nie gevind is nie, se familie was in ag geneem tydens die sessie.

Daar was gebid vir uitkoms. “Ons bid vir die familie van Chris Whitlow en vir die reddingspan van Vedanta.  Mag die Here ons seën en mag die seën van die Here op die program rus,” het ds. Swartbooi gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.