‘Geen dringendheid’ in Nasionale Koronavirus-bevelsraad vergadering nie

0

Die Nasionale Koronavirus-bevelsraad se vergadering wat vanoggend om 9uur begin het, is volgens regeringskommunikasie niks dringend nie.

Na gerugte dat Suid-Afrika se President Cyril Ramaphosa Maandagaand die nasie sou toespreek, het die nuusreus GCIS se direkteur-generaal gister aangekondig, dat lede van die gesamentlike operasionele sentrum aan die president sal rapporteer.

Bewerings is ook wydverspreid dat vandag se vergadering dringend is, en dat die volgende bevelsraad vergadering vir volgende week geskeduleer is.

Die bewerings is egter ontken.

Volgens Phumla Williams was daar geen ander geskeduleerde vergadering nie, asook geen gekanselleerde vergadering nie.

“President Ramaphosa sal nie nou gou die nasie toespreek nie.”

Suid-Afrikaaners word aangemoedig om slegs regeringskommunikasiekanale en nuus van betroubare bronne te aanvaar.

 

Bron: OFM Nuus

Leave A Reply

Your email address will not be published.