Geen nuwe Covid-19 gevalle in Nama Khoi bevestig nie

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 3 002, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 89%.

0

Die Nama-Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, geen nuwe Covid-19 gevalle aangeteken nie.

“Een geval is egter in Kamiesberg bevestig, een in Khai Ma, en een in die Hantam plaaslike munisipaliteit.”

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 2 014, met 1 233 herstellings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 767 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is drie, wat die totaal in die distrik tot op 3 570 te staan bring, met 2 063 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 1 490 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 22 mense in die Noord-Kaap positief getoets het vir Covid-19.

Dit bring die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 162 te staan.

“In die jongste verslag het ZFM die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken van 15, gevolg deur Namakwa en Frances Baard met drie nuwe gevalle onderskeidelik, JT Gaetsewe (1), terwyl daar in Pixley Ka Seme geen nuwe gevalle aangemeld is nie.

“Die totaal Covid-19 verwante sterftes in die provinsie het intussen gestyg tot 641.”

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 3 002, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 89%.

29 517 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.