Geen nuwe COVID-19 gevalle in Nama-Khoi bevestig nie

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het geen nuwe gevalle van COVID-19, in die Namakwa-distrik aangemeld nie.

Die totaal bevestigde gevalle in die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik bly onveranderd op 214, waarvan 103 persone alreeds genees is.

“Dit laat Nama-Khoi met ‘n totaal van 111 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die minister het egter ‘n toename in positief bevestigde gevalle, in die Noord-Kaap aangekondig.

Die totaal bevestigde gevalle staan tans op 12 222, nadat 137 nuwe gevalle bevestig is.

Die provinsie se koronavirus-dodetal het intussen geklim tot 150, terwyl 8 956 persone COVID-19 geklop het.

In Suid-Afrika was daar 854 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal positief bevestigde gevalle op 639 362 te staan bring.

Die nasionale sterftesyfer het  15 004 bereik (‘n toename van 115), terwyl herstellings tot 566 555 gestyg het.

Dit laat Suid-Afrika met ‘n totaal van 57 803 aktiewe gevalle het.

Die nasionale herstelkoers het na die laaste aankondiging gestyg na 88,6%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.