Geen nuwe COVID-19 gevalle in Nama-Khoi regsgebied bevestig nie

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister geen nuwe gevalle van COVID-19, in die Nama-Khoi regsgebied aangemeld nie.

Die totaal bevestigde gevalle in die Nama-Khoi regsgebied bly onveranderd op 271, terwyl 215 persone die virus geklop het.

“Dit laat die Nama-Khoi regsgebied, met ‘n totaal van 56 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die Minister van Gesondheid het aangekondig dat 75 mense positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap, wat die totaal positief bevestige gevalle op 16 469 te staan bring.

Die aantal herstellings staan tans op 13 441.

2 819 Pasiënte in die provinsie het steeds COVID-19 onder lede.

In Suid-Afrika was daar 903 nuwe gevalle, wat die totaal op 672 572 te staan bring.

Sterftes het 16 667 bereik (‘n toename van 81), terwyl die herstelsyfer tot 606 520, geklim het, wat die land met 49 385 aktiewe gevalle laat.

Globale Covid-19-infeksies het 33.4 miljoen bereik, met die dodetal op een miljoen.

Leave A Reply

Your email address will not be published.