Geen nuwe COVID-19 gevalle in Nama-Khoi

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand in sy gebruiklike COVID-19-verslag, die jongste statistieke vir die land bekendgemaak.

Mkhize sê dat ‘n totaal van 10 837 mense in die Noord-Kaap, positief getoets het vir die nuwe koronavirus, wat in Maart vanjaar in Suid-Afrika uitgebreek het.

“Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik het geen nuwe gevalle van die virus bevestig nie.”

Die totale COVID-19 gevalle in diè distrik is 306 waarvan 203 persone genees is.

Drie persone het ongelukkig weens die virus gesterf.

Daar is tans 100 aktiewe gevalle, wat die departement bevestig het.

Daar is 31 mense wat verkeerdelik in die Noord-Kaap toegewys is, en sal binnekort weer herverdeel word.

Die aantal herstellings staan tans op 7 175, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 67%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.