Geen nuwe Covid-19 gevalle vir die Namakwa distrik

'26 mense het die afgelope 24 uur van die virus herstel.'

0

In die jongste verslag periode het die ministerie van gesondheid geen nuwe Covid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld.

Nama Khoi regsgebied se totale Covid -19 gevalle bly onveranderd op 2 105, met 1 832 genesings.

Die kumulatiewe totaal sterftes is 34, wat die regsgebied laat met 239 aktiewe coronavirus gevalle.

Die Namakwa distrik se kumulatiewe totaal staan op 3 851, met 3 328 herstellings.

Die sterftes in die distrik staan op 46, dit laat die distrik met 477 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het nog 28 mense aangekondig wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Die provinsie het ‘n kumulatiewe totaal van 34 407 positiewe gevalle.

Die Namakwa distrik het geen nuwe positiewe gevalle aangeteken, terwyl Frances Baard die hoogste gevalle aangeteken van 22, gevolg deur ZF Mcgawu (4), terwyl JT Gaetsewe en Pixley Ka Seme onderskeidelik een anageteken het.

Daar is geen nuwe COVID-19-verwante sterftes gerapporteer.

Wat die provinsiale totale kumulatiewe sterftes as gevolg van COVID-19-komplikasies onveranderd laat op 744.
26 mense het die afgelope 24 uur van die virus herstel.

Die gemiddelde herstelpersentasie van die provinsie staan op 92%, wat ‘n kumulatiewe totaal van 31 631 mense is wat herstel het van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.