Geen nuwe Covid-19 gevalle vir Namakwa distrik aangemeld

Drie Covid-19 verwante sterftes in die provinsie aangemeld, wat die dodetal nou op 663 te staan bring.

0

Die Nama Khoi regsgebied het na vele weke weer geen nuwe gevalle van die Covid-19 koronavirus bevestig nie.

Dit wil voorkom asof die gemeenskappe van die distrik gehoorsaam geraak het aan die veiligheidsprotokolle wat deur die Department van Gesondheid aangekondig is, aan die begin van die inperking.

Dit sluit in die dra van maskers, die toepas van hoes-etiket, sosiale distansiering, hand higiene, en om by die huis te bly.

Namakwa distrik het ook geen nuwe Covid-19 gevalle aangemeld nie.

Die Covid-19 gevalle vir die Nama Khoi regsgebied bly onveranderd op 2 057 met 1 517 genesings.

Tot op hede is die sterftesyfer 14, en dit laat die regsgebied met 526 aktiewe gevalle.

Met geen Covid-19 gevalle wat aangemeld is vir die Namakwa distrik nie, bly die kumulatiewe totaal op 3 666, met 2 513 herstellings.

Die sterftes in diè distrik bly onveranderd op 17, wat die distrik laat met 1 136 aktiewe gevalle.

Die Ministerie van Gesondheid, het aangekondig dat nog 20 mense in die Noord-Kaap positief getoets het vir Covid-19, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 636 te staan.

Frances Baard het die hoogste aantal nuwe positiewe getalle aangemeld van 10, gevolg deur Pixley Ka Seme (6), ZF Mgcawu (3) en JT Gaetsewe (1).

Drie Covid-19 verwante sterftes in die provinsie aangemeld, wat die dodetal nou op 663 te staan bring.

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 2 772, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 90%.

30 199 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.