Geen nuwe Covid-19 sterftes aangemeld a.g.v vertraging in verslaggewing

0

‘n Totaal van 355 nuwe gevalle van Covid-19 is oor die naweek in die Namakwa distrik bevestig.

Die Nama Khoi regsgebied het 224 nuwe gevalle oor die naweek bevestig.

Die Namakwa-distrik teken elke dag die meeste infeksies aan in die Noord-Kaap.

In die jongste verslagperiode van 24-uur, het die minister van gesondheid Dr. Zweli Mhkize aangekondig dat 85 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

Nama Khoi het intussen 61 nuwe gevalle bevestig, die meeste per distrik in die Noord-Kaap.

Die totale bevestigde aantal Covid-19 gevalle in die Nama Khoi regsgebied het gestyg tot 1 329, maar 437 persone het alreeds van die virus herstel.

“Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes, is 11 Covid-19 verwante sterftes tot op hede in die regsgebied aangemeld.”

Die jongste totaal Covid-19 sterftes in die Nama Khoi regsgebied, is onbekend as gevolg van vertragings in verslaggewing.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 881 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die Namakwa-distrik het tot op hede 2 098 gevalle van die virus bevestig, en 687 genesings.

14 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 1 397 aktiewe Covid-19 gevalle.

Die Minister van Gesondheid het ‘n bykomende 265 mense aangekondig wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap, wat die kumulatiewe totaal op 27 648 te staan bring.

Nog sewe bykomende sterftes wat verband hou met Covid-19 is aangemeld.

Een (1) het in die afgelope 72 uur plaasgevind, terwyl ses (6) van die vorige maande was, as gevolg van die vertraging.

Met hierdie nuwe sterftes, staan die totale kumulatiewe sterftes in die provinsie weens Covid-19 komplikasies nou op 444.

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 3 673.

Die aantal gesnesings staan op 23 529, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 85%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.