Geen nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die Namakwa-distrik bly dus onveranderd op 13 848, die sterftesyfer is 169, met 13 476 genesings en diè distrik het 203 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslag periode is geen nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld nie.

Die Namakwa-distrik bly dus onveranderd op 13 848, die sterftesyfer is 169, met 13 476 genesings en diè distrik het 203 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 26 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 92 551.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 292.

Sowat 88 708 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 1 549 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.