Geen nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die kummulatiewe totaal in die distrik staan op 13 908, met twee nuwe sterftes wat aangemeld is, wat die totaal tot op 230 te staan bring. "

0

In die jongste verslagperiode is daar geen nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die kummulatiewe totaal in die distrik staan op 13 908, met twee nuwe sterftes wat aangemeld is, wat die totaal tot op 230 te staan bring.

13 632 persone het genees van die virus en dit laat die distrik met 46 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 20 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 93 183.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 375.

Sowat 90 346 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 460 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.