Geen nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Sowat 37 142 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 337 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize geen nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 381, met 4 756 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 65 en dit laat diè distrik met 520 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 122 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 42 435.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 954.

Sowat 37 142 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 337 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.