Geen wagperiode om vermiste persone aan te meld nie

"Onmiddellike reaksie deur die SAPD kan 'n lewe red."

0

Die SAPD in die Noord-Kaap is bekommerd oor die toename in die aantal vermiste persone wat by polisiestasies aangemeld word.

Die polisie versoek inwoners dus om kennis te neem van die volgende voorsorgmaatreëls:

–       Daar is geen wagperiode om ‘n vermiste persoon aan te meld nie.

–       Onmiddellike reaksie deur die SAPD kan ‘n lewe red.

–       Verskaf soveel inligting as moontlik wanneer jy die saak by jou plaaslike polisiekantoor aanmeld.

–       Dit is raadsaam om altyd ‘n onlangse foto by jou te hê, asook kennis te neem van die klere wat jou kind of die vermiste persoon aangehad het.

–       Bejaardes wat aan Alzheimer’s of Dimentia ly en persone met verstandelike of fisiese gestremdhede moet armbande dra met noodkontaknommers op.

–       Ouers moet altyd weet waar hul kinders te alle tye is, veral kleuters.

–       Kinders moet geleer word om nie met vreemdelinge te praat nie.

–       As ouer of voog moet jy jou kind se vriende, hul name, nommers en hul ouers se name en nommers het.

–       Leer jou kind om nooit alleen iewers te gaan nie.

–       In die geval van ‘n geliefde wat vermis word, hou die ondersoekbeampte heeltyd op hoogte van enige verwikkelinge.

Die SAPD se noodnommer 08600 10111 of e-pos speurder hulplyn op detective.helpline@saps.gov.za gebruik kan word.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.