Gemeenskap van Pella sê nee vir voorafbetaalde waterstelsel

Die vraag onstaan dan: 'Is hulle dan die woord leier werd?'

0

Hulpkreet van anonieme stem roep uit die Khâi-Ma distrik vir hulp en leiding.

Daar word beweer dat die raadslede van die klein dorpie Pella, besig om die gemeenskapslede te beroof.

Die raadslede wil bleikbaar ‘n voorafbetaalde waterstelsel op gemeenskapslede af dwing.

Die gemeenskap voel dat dit hulle finansïeel gaan uitput.

Verder verwag die raadslede dat die gemeenskap moet stilbly en die voorafbetaalde waterstelsel aanvaar.

Dis onregverdig om te sit en kyk hoe hulle kan mislei word tot armoede, sê die anonieme stem.

Anoniem verklaar dat hulle misbruik die werklose jeugdiges om deel te neem aan die oorlog, die besluit het nie gemeenskapslede se goedkeuring weggedra en was deur die raad geneem.

By drie vergaderings het die gemeenskap nee gestem waarvan 40% werkers van die projek hul broodgeld verdedig en 60% gemeenskaplede wat veg vir hul reg.

Huidige raadslede en projek bestuurders daag nie op vir vergardering nie.

Die vraag onstaan dan: ‘Is hulle dan die woord leier werd?’

Werkers kry opdragte om gate te maak op gemeenskaplede se perseel, sonder hul toestemming.

‘Is dit aanvaarbaar?’

Die voorafbetaalde waterstelsel het baie negatiewe effekte op die gemeenskap.

Pype word beskadig en word nie deur die projek bestuurders herstel nie.

Die slote is onveilig en boonop is die nuwe voorbetaalde water stelsel baie duur om instand te hou.

Die gemeenskap het die polisie ingeroep by hul beplannings en protes aksie.

Die ironie in die saak is, Pella is die naaste dorp wat na aan waterbronne geleë is soos die Oranje-rivier en Sewe fonteine.

Pella se gemeenskap sê NEE vir die voorbetaalde water stelsel .

Leave A Reply

Your email address will not be published.