Gesamementlike bewusmakingsveldtog teen koperdiefstal en infrastruktuur vandalisme

 Gesamementlike bewusmakingsveldtog teen koperdiefstal en infrastruktuur vandalisme

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die Noord-Kaapse SAPD Provinsiale Flash (Tweedehandse Goedere) het ‘n gesamentlike bewusmakingsveldtog in vennootskap met Transnet, Eskom(Verspreiding), Telkom, Petra Mining, Doeane, Isidingo Sekuriteit, Kimberley Flash en Korporatiewe Kommunikasie gehou.

Die doel daarvan was om bewustheid te verhoog met betrekking tot vandalisme van noodsaaklike infrastruktuur en diefstal van koperkabels, verkoop en koop van gesteelde goedere.

Kaptein Olebogeng Tawana, ‘n polisiewoordvoerder het gesê dat die fokus van die bewusmakingsveldtog was om gemeenskappe sensitief te maak om te weerhou van die verkoop van gesteelde goedere, insluitende koperkabels, aan tweedehandse goederehandelaars, soos skrootmetaalhandelaars.

“Diefstal en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur gaan voort om die ekonomie van die land te lamlê,” het Tawana aangehaal.

Die veldtog is op Dinsdag, 22 Februarie 2022 in Kimberley gehou.

Meer as 500 pamflette met bewusmakingsinligting is versprei.

 ’n Voldoeningsinspeksie is by ’n plaaslike skroothandelaar gedoen.

Inspeksies is gedoen op voertuie wat skrootmetale by skrootmetaalhandelaars aflaai.

Boetes is aan motoriste uitgereik vir die bestuur van voertuie sonder geldige lisensieskyfies.

Bernadine Hearn

Related post