Gesinsgeweld ’n euwel in Namakwaland

Leandra Engelbrecht is een van vele slagoffers in Namakwaland wat geraak is deur gesinsgeweld.

0

Leandra Engelbrecht is een van vele slagoffers in Namakwaland wat geraak is deur gesinsgeweld.

Engelbrecht vertel hoe sy op 26 Januarie agter Nababeep Hospitaal aangeval is deur haar man.

Ten tye van die voorval was Leandra en haar man se skei saak al aan die gang.

Die eks-paartjie het ook reeds nie meer saamgewoon nie.

Leandra het skoonmaak werk gedoen agter Nababeep Hospitaal toe haar man haar roep uit die hospitaal se jaard.

Hy het geld gevra by haar en sy het hom gesê dat sy nie geld het nie.

“Hy spring toe oor die draad en skop my voete onder my uit,” vertel Leandra.

Sy vertel hoe hy haar geklap het terwyl sy op die grond gelê het en byna in die gesig getrap het.

Die man het weggeloop en Leandra het opgestaan en haar klere afgeskud.

“Hy draai toe om met ’n vaart en stamp teen my kakebeen en ook onder my kakebeen,” vertel sy.

Na die dooie gevoel in haar gesig en bloed het sy besef sy is met ’n mes aangeval.

Leandra vertel dat sy Springbok hospitaal toe gejaag is en moes ’n uur en half in die teater deurbring.

Haar wond is nou ten volle herstel.

Leandra bemoedig ander slagoffers om verhoudings waarin mishandeling plaasvind onmiddelik stop te sit.

Sy sluit af met die woorde, dit vat tyd om te genees maar vat dit stap vir stap.

Leave A Reply

Your email address will not be published.