Gesoekte verdagte vas op Jan Kempdorp

0

‘n Gesoekte verdagte op die ,Nasionale Gesoekte lys, Tony Thobela, is op 30 Julie op Masikeng in Jan Kempdrop aangekeer.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, sê Thobela word verbind met 10 sake in Jan Kempdorp, Warrenton, Delportshoop en Barkley-West.

Hierdie sake sluit in huisbraak en diefstal, diefstal van koperkabels asook diefstal en die besit van vermeende gesteelde eiendom.

“Talle elektriese toestelle, waaronder TV’s, yskaste, skootrekenaars, musiekinstrumente, gassilinders, mikrogolf oonde, klankstelsels, kampeer toesrusting en gereedskap, is by ‘n huis in Masakeng in Valspan in Jan Kempdorp gevind,” sê  Gamieldien.

Die geraamde waarde van die verhaalde items beloop R140 000-00

Die verdagte het gister, 2 Augustus in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn en sy saak is uitgstel tot 11 Augustus 2021 vir ‘n formele borgtogaansoek.

Thobela sal tot sy volgende hofverskyning in aanhouding bly.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.