Gestremde dogtertjie word seksueel mishandel

0

Die Upington-streekhof het op Woensdag, 26 Augustus ‘n 36-jarige man, agt jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting.

Die verkragter het in Augustus 2012 ‘n 7-jarige dogtertjie seksueel gemolesteer.

Die meisie was 7-jaar oud ten tyde van die voorval en is tans 15-jaar oud.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramasteba, bevestig dat die dogtertjie in hul huis op Rosedale buite Upington verkrag was.

Ramatseba sê die ma van die slagoffer het haar dogter saam met haar oom in die sitkamer gelos.

“Toe sy later terugkom, het sy gesien hoe die verkragter haar kind seksueel molesteer.”

“Die slagoffer het later haar ma vertel dat die verkragter met haar geslagsdele gespeel het, deur op ’n tablet prentjies te teken.”

Die man is éérs op 25 April 2017 in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly tot sy verhoor.

Ramatseba voeg by dat die verkragter vroeër die week in die Upington-streekhof, tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Dit is egter baie jammer dat die tronkstraf die presiese aantal jare is, wat die dogtertjie moes wag vir die reg om te geskied.

Leave A Reply

Your email address will not be published.