Gestremde slagoffer kry geregtigheid na verkragting

"Hy is borgtog geweier en het in aanhouding gebly tot sy vonnisoplegging in die streekhof in Upington."

0

Die provinsiale bestuur verwelkom die vonnis oor twee aanklagtes van verkragting wat op Donderdag (29/07) in die Upington-streekhof aan Gerrit Brian Mienies (44) opgelê is.

Kapt Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap het bevestig dat die beskuldigde het ‘n 27-jarige dowe vrou twee keer verkrag terwyl sy by haar tante in Pabalelo gekuier het.

Gerrit Mienies is die kêrel van die tante van die slagoffer en het haar op 27 April 2019 en weer op 4 Mei 2019 verkrag.

‘n Saak is op 5 Mei 2019 by die polisie aangemeld en die beskuldigde is op 20 Mei 2019 in hegtenis geneem.

Hy is borgtog geweier en het in aanhouding gebly tot sy vonnisoplegging in die streekhof in Upington.

Hy is tien jaar gevangenisstraf opgelê vir die eerste verkragting en nog 15 jaar vir die tweede verkragting.

Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

“Die provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), Brig. Nicky Mills, het die ondersoekbeampte, Sersant Howard Loabile geprys vir sy uitstekende ondersoekwerk oor hierdie relatief ingewikkelde saak. Laat nagte se toewyding het uiteindelik vrugte afgewerp en die oortreder sal nou betaal vir sy dade agter tralies”, het Mills gesê. 

Leave A Reply

Your email address will not be published.