Gewapende rooftog op Springbok eis een lewe.

"Die polisie het twee vuurwapens en ’n voertuig gekonfiskeer, wat gebruik was in die pleging van die misdaad."

0

‘n Gewapende rooftog het gister op Springbok plaasgevind en een manlike slagoffer is noodlottig gewond tydens die insident.

Dit kom nadat die polisie inligting opgevolg het oor ‘n skietvoorval voor Kekkel-en-Kraai in die nuutgeboude Sybie Kotze-sentrum, op Springbok.

Na bewering het die slagoffer geld by ‘n kitsbank onttrek en is daarna aangeval en beroof.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Dimakatso Mooi, het bevestig dat die polisie vier verdagtes by ’n huis op Okiep in hegtenis geneem het.

“Die polisie het twee vuurwapens en ’n voertuig gekonfiskeer, wat gebruik was in die pleging van die misdaad.”

Mooi bevestig dat ‘n vyfde verdagte onderweg na Kuruman in hegtenis geneem is.

“‘n Vyfde verdagte is op die N14-pad naby Kathu in hegtenis geneem.”

“Verdere ondersoeke het aan die lig gebring dat dieselfde verdagtes moontlik met verskeie gevalle in die Upington- en Kuruman-gebiede verbind kan word.”

Daar word ook geglo dat die verdagtes huurvoertuie gebruik om misdade te pleeg.

Die verdagtes sal binnekort voor die Springbok-landdroshof verskyn, op aanklagte van moord en gewapende roof.

Leave A Reply

Your email address will not be published.