Gift of the Givers besoek vandag Rooiwal

"Dit het by een woonplek onstaan en vinnig na aanliggende huise versprei."

0

n Brand het Maandagmiddag sowat 30huise huise in puin gelê op Rooiwal.

Die raadslid, Susan Cloete van die buitewyk Rooiwal het aan Nfm Nuus gesê dat op hierdie stadium kan daar nog nie gesê word wat die oorsaak van die brand was nie.

Dit het by een woonplek onstaan en vinnig na aanliggende huise versprei.

Hierdie insident het 30 families sonder kos, persoonlike items en huisraad gelaat.

Bydraes hoe gering ookal, soos klere, skoene, droeë kosse, toiletware kan geskenk word om die families in nood te help.

Raadslid Cloete kan gekontak word by 060 418 0224 of 27 63 581 6573.

Cloete sê voorlopig baie dankie vir al die donasies wat gemaak is en nog gemaak sal word, maar vra egter dat daar gekyk word na breekware.

Die families wat getref was het geen breekware of eetgerei nie.

Daar is twee babas, een jaar en 7 maande, en ‘n 4 maande oue baba.

Die res is volwassenes, ‘n getal van 52.

Die hoeveelheid mans, dames sal vandag bekend gemaak word en Gift of the Givers sal ook vandag daar aansluit.

Tharien van Springbok Oogkundiges het aangebied om ‘n sentrale  kolleksiepunt te wees in Springbok vir donasies.

Skakel hul by 027 718 1005.

Springbok Oogkundiges, Voortrekkerstraat 14 of Whats-App by 072 495 8868.

Step Up Foundation kan geskakel word by 076 233 4592 en gaan alles in samewerking met ander inisiatiewe koördineer en aflewer in Rooiwal.

Die Vioolsdrift SAPD het aangebied om op Sondag 21/11/2021 om 16h00 skenkings af te haal.

Leave A Reply

Your email address will not be published.