Gift of the Givers skenk 72 asemhalingsmasjiene aan die Noord-Kaap

0

Die Gift Of The Givers Foundation het vroeër vandeesweek 72 asemhalingsmasjiene aan die Noord-Kaapse departement van gesondheid oorhandig.

Dit vrom deel van die strategie om die tweede golf van COVID-19 infeksies in die provinsie te probeer beheer.

Die amptelike oorhandiging van die masjiene het by provinsie se gesondheidskantore in Kimberley plaasgevind.

Die LUR vir gesondheid, Maruping Lekwene, en die waarnemende hoof van die gesondheidsdepartement, Dr. Dion Theys, het die oorhandiging bygewoon.

Ventilators is van kritieke belang vir COVID-19 pasiёnte met ernstige toestande.

“Die asemhalingsmasjiene (CPAP) sal verligting bied vir ligte tot matige gevalle waar pasiёnte ‘n respiratoriese nood ervaar.”

Die eenhede is nie-indringend en vul die behoefte aan, vir geredelike beskikbare asemhalingsapparate wat ontplooi is en maklik toegpas kan word, selfs buite die hospital

Leave A Reply

Your email address will not be published.