GKS-eenhede in die Noord-Kaap verhoog bewustheid oor geslagsgeweld

"Lede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortreding (FCS) het gehoor gegee aan die oproep om vroue sensitief te maak en aan te moedig om gesinsgeweld aan te meld."

0

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap het deur middel van die FCS-eenhede in die provinsie verskeie veldtogte geloods om bewustheid oor geslagsgeweld te verhoog.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die bewustheid fokus op die opvoeding van slagoffers van gesinsgeweld en oor die prosedures om misdade teen vroue en kinders aan te meld.

Lede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortreding (FCS) het gehoor gegee aan die oproep om vroue sensitief te maak en aan te moedig om gesinsgeweld aan te meld.

Op Dinsdag, 31 Augustus 2021, het die FCS-eenhede van Kathu, Pofadder en Kimberley verskillende instansies in hul onderskeie polisiekantore besoek, waar daar aan vroue liefde en waardering betoon is.

“Kathu FCS in vennootskap met die Gamagara plaaslike munisipaliteit, Sosiale Ontwikkeling en vroue van ander departemente het byeengekom by die lokaal wat die munisipaliteit aan gebied het. Tydens die byeenkoms is vroue toegespreek oor kwessies rakende gesinsgeweld, het Kaptein Tawana gesê.

Pofadder FCS het graad 7-leerlinge by die Laerskool Francois Visser in Pofadder besoek.

Lede het aan 39 skoolmeisies tussen 12 en 15 jaar sanitêre doekies geskenk.

 Kimberley FCS het mammas besoek in die pediatriese afdeling in die Robert Mangaliso Sobukwe -hospitaal in Kimberley.

Tawana het gesê, tydens die besoek het mammas inligting ontvang oor vroueregte en aan die einde van die sessie het hulle troospakkies ontvang.

Leave A Reply

Your email address will not be published.