Gladde begin met die begin 2021 NSS-eksamen

" “Op hierdie stadium is geen uitdagings of hakplekke by enige van ons Eksamensentrums aangemeld nie,” het die NKOD gesê."

0

Die 2021 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen het glad begin in die Noord-Kaap.

Alle geregistreerde voltydse kandidate (13 056) het Woensdag met Engels by 149 Eksamensentrums regoor die provinsie begin.

 “Op hierdie stadium is geen uitdagings of hakplekke by enige van ons Eksamensentrums aangemeld nie,” het die NKOD gesê.

“Die Departement het monitors by elk van hierdie sentrums geplaas om te verseker dat alles volgens plan en UMALUSI-voorskrifte verloop. Ons is tevrede met die wyse waarop ons Eksamensentrums die 2021 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen afneem. Ons sal voortgaan om die bedrywighede by alle Eksamensentrums te monitor en te assesseer vir die duur van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen,” het die NKOD gesê.

Die NKOD moedig verder alle skoolgemeenskappe aan om voort te gaan om die Klas van 2021 te ondersteun totdat hulle hul eindeksamen voltooi het.

Die departement wens die Klas van 2021 sterkte toe en vertrou dat hulle die Noord-Kaap trots sal maak.

Leave A Reply

Your email address will not be published.