Hantam plaaslike munisipaliteit meld 9 nuwe Covid-19 gevalle aan
"Sowat 32 259 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 615 aktiewe gevalle."
‘n Totaal van 10 nuwe Korona-virus gevalle was vir die Namakwa-distrik aangemeld, wat toegewys is aan die Hantam plaaslike munisipaliteit (9) en Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (1) .
Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 442, met 3 391 genesings.
Die sterftesyfer bly onveranderd op 63 en dit laat diè distrik met 988 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 20 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize.
Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 35 670.
In die provinsie het Namakwa distrik die meeste Korona-virus gevalle aangemeld.
Vir die vierde agtereenvolgende dag is daar geen nuwe KOVID-19-verwante sterftes gerapporteer nie.
Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan tans op 794.
Sowat 32 259 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 615 aktiewe gevalle.