Henn, Namakwa se eie John Legend

0

Die liefde vir sing vir die jongman het begin in die Kleuterskool, Guardian Angel, in Kakamas.

Jodee Henn, sing alreeds van die 6jarige  ouderdom toe hy in die kerk begin het.

“Alicia Keys se ‘Some people want it all’, is my favourite shower liedjie”, vertel Henn met ‘n groot glimlag op sy gesig.

 Tydens ‘n diplomaplegtigheid het een van die nonne hom gevra om te sing en vandaar af het hy nooit weer ophou sing nie.

Henn het sopas ‘n nuwe liedjie vrygestel en sê dit is ‘n mengsel van “Amapiano mix” en “commercial house.”  Kalava Music en kunstenaars soos Flex Cupido het saam met hom gewerk op hierdie snit.

Die inspirasie agter die liedjie “It was good”, kom uit die boek van Genesis in die Bybel, waar God na alles wat Hy gemaak het gesê het; “Dit was goed”

“Dit is belangrik in hierdie beproewende tye dat ons hierdie woorde gereeld moet hoor”, sê Henn.

 “Jy is perfek geskape en alles wat God gemaak het is goed gemaak.”

Hy skryf  sy eie lirieke en sy  inspirasie is dat:  “Ek glo ek moet my uniekheid en my eie storie oordra en leiding gee vir die volgende geslag deur my musiek.”

 Hy was reeds deel van die Internasionale kunste vertoning waar hy 2018 in Amerika genooi was om sy talent te gaan vertoon.

Die voorsmakie van die internasionale platvorm het hom nuuskierig gemaak om te kyk wat hy daarop kan bereik.

Henn het Menslike Hulpbronne studeer en is tans werksaam as ‘n intern by Nama Khoi-plaaslike munisipaliteit.

Dit is uitdagend om ‘n voltydse beroep uit musiek te maak, dus is dit goed dat kunstenaars iets  het om op terug te val.

John Legend is een van sy grootste rolmodelle en Jodee word tans beskou as die “John Ledgend van Namakwaland

Die ondersteuning van sy moeder was vir hom die belangrikste, maar sy het reeds ‘n maand terug afgesterf en hy waardeer en is dankbaar vir die ondersteuning van sy familie, vriende en aanhangers.

Jodee sê ook dat hy sou graag nog drama wil probeer en die “keyboard” leer speel.

“Bly nederig en gefokus en moet nie die Here vergeet in alles wat jy doen nie,” is Henn se bemoediging aan ander opkomende kunstenaars.”

Foto verskaf
Saint John
Leave A Reply

Your email address will not be published.