“Home Food Gardens” -projek is hier om lewens te verbeter

0

Well Suppliers in samewerking met Step Up Foundation en Siemens Gamesa as hul befondser, het vanoggend ‘n ‘Home Food Gardens‘ -projek geloods.

Die doel van hierdie projek, is om gemeenskappe die nodige vaardighede aan te leer, om hul eie kos, uit hul eie tuine op die tafel te kan sit.

Vandag het hierdie organisasies, Namakwalandse dorpies besoek, om die tuine op te stel en sade te oorhandig, om sodoende die projek aan die rol te kry.

Die groep gaan ook tydens ‘n opleidings-program tot en met Januarie 2021, met die verskillende huishoudings werk wat alreeds gekies is, en hulle die nodige vaardighede aanleer om van die projek ‘n sukses te maak.

Home Food Gardens se doelwit is baie eenvoudig; “Plant, Oes en Eet.”

Hierdie projek het in gedate gekom tydens die landwye grendelstaat, toe verskeie organisasies betrokke geraak het by kospakkie-projekte.

“Step Up Foundation het gevoel dat dit net nie genoeg sal wees om ‘n kospakkie aan ‘n huishouding te oorhandig, wat in die volgende week gaan op wees nie.”

Dus het hulle met hierdie inisiatief begin, om mense die vaardighede aan te leer om hul eie kos te oes en te verseker dat almal tydens ‘n grendelstaat, steeds kan voedsel voorsien.

Leave A Reply

Your email address will not be published.