Hondeklipbaai groet die nuwe jaar met droë krane

0

Oor die jare het dit ‘n tendens geraak dat Hondeklipbaai se krane droog loop gedurende die feesseisoen.

Verlede jaar was die watertekorte op Hondeklipbaai egter konstant vanaf Oktober 2020.

Die infrastruktuur op Hondeklipbaai is besig om uitmekaar te val.

Pype bars konstant en die toevloei na die dam is volgens inwoners nie voldoende nie.

‘n DA-lid in die parlement, Veronica Van Dyk, sê dat die situasie onaanvaarbaar is.

“Water is ‘n basiese reg en die munisipaliteit, wat weet dat daar jaarliks erge waterprobleme is, behoort beter voor te berei en maatreёls in plek te stel om mense te voorsien van water,” sê Van Dyk.

Volgens Van Dyk het selfs die kliniek se water drooggeloop.

Sy sê dat dit onaanvaarbaar is veral tydens die Covid-19 pandemie, waar daar van mense verwag word om hul hande gereeld te was en veilig te wees.

Van Dyk het in kontak gekom met die South African Water Warriors -groep, wat bereid is om water gratis aan te ry, maar benodig egter skenkings om water aan te koop.

“Coca-Cola het ook aangebied om te help en hulle sal vandag water aanry vanaf die Kaap en Vredendal.”

Logistieke moet nog bevestig word.

Die ekonomiese lewensaar van Hondeklipbaai – toerisme, is ook onvolhoubaar sonder water.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.