Honderde roubeklaers word by Koopman-roudiens verwag

0

Honderde inwoners van verskeie gemeenskappe regoor die ZF Mgcawu-distrik in die Noord-Kaap, word verwag by Donderdag se roudiens van die ontslape Brigadier Sampie Koopman.

Die roudiens sal môre, 01 Oktober plaasvind, by die Mxolisi Dicky Jacobs-stadion, op Upington.

“Dié roudiens, wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gereël word, sal minstens 500 gemeenskapslede, asook polisiebeamptes kan huisves.”

Hekke by die stadion gaan reeds om agt-uur open.

Die polisie doen egter ‘n beroep op inwoners, om liefs hul kinders in veilige sorg, tuis te los.

Roubeklaers word ook herinner om aan die voorgeskrewe COVID-19 veiligheidsmaatreëls te voldoen, deur ‘n masker te dra en sosiale distansiëring toe te pas.

Koopman sal Saterdag, tydens ‘n amptelike begrafnisdiens op Upington, ter ruste gelê word.

Die Noord-Kaapse polisie het hul innige meegevoel en simpatie met die familie van die ontslape Koopman gedeel.

Wyle Brigadier Sampie Koopman
Leave A Reply

Your email address will not be published.