Hondeklipbaai : Stand van diamanddelwery in kusgemeenskap

"“Ons verlang dat die regering ‘n sisteem in plek moet kry wat gelykheid sal bring”, het Markus gesê."

0

Die leier van die National Economic Fighters en inwoner van die Hondeklipbaai-gemeenskap, Dawid Jakobus Markus, sê dat hy ‘n stem vir die hulpeloses is.

Hy het gesê dat die mense geen voordeel trek uit die natuurlike hulpbronne in die breër Namakwaland nie.

Markus het ook gesê dat die delwery nie as onwettig beskou moet word nie, omdat hier baie ongerehabiliteerde myne en mense sonder werk sit.

Na vele pogings om die delwery te wettig deur permitte te bekom,  voel gemeenskapslede gefustreerd en dat hulle nie ‘n ander uitweg het nie.

Daar is in die verlede permitte uitgereik aan klein groepies, wat groot ongelukkigheid in die gemeenskap veroorsaak het.

“Ons verlang dat die regering ‘n sisteem in plek moet kry wat gelykheid sal bring”, het Markus gesê.

Hy het sy kommer uitgespreek oor die onregverdigheid in die regstelsel.

“Die delwery het meegebring dat van ons mense dood gemaak en aangeraand is en tot op hede is daar nog niks aan die sake gedoen nie. Delwers se toerusting en voertuie word gekonfiskeer en die delwers is werklose mense wat net ‘n brood op die tafel wil sit.”

Hy sê ook dat hierdie gesloer vanaf die regering neerkom op ‘n tipe apartheidstelsel.

Volgens Markus  is daar niemand om die delwers te verteenwoordig en niemand is in ‘n finansiële posisie om ‘n prokureur te kan bekostig nie.

Hy sê die doel van die National Economic Fighters is om die plaaslike ekonomie te herstel.

Leave A Reply

Your email address will not be published.