Hotelbestuurder aangekeer

"Die Country Hotels het 'n verlies van R575 000-00 gely."

0

Andrè Vermeulen (49) het Woensdag kortliks in die landdroshof te Springbok verskyn op aanklagte van bedrog.

‘n Springbokvir die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi, het bevestig dat Vermeulen, ‘n voormalige bestuurder by Country Hotels in Springbok, op Dinsdag 10 Augustus 2021 deur die eenheid vir  ernstige kommersiële misdade in Strandfontein in hegtenis geneem.

“Daar word beweer dat die beskuldigde gedurende Mei 2019 eise vir die betaling van salarisse namens werknemers ingedien het, maar nie die geld aan die werknemers uitbetaal het nie, en dit vir eie gewin gebruik het”, het Mnisi gesê.

Verdere ondersoek deur die span het aan die lig gebring dat die beskuldigde geld ontvang het in sy persoonlike bankrekening wat aan die hotel verskuldig was.

Die Country Hotels het ‘n verlies van R575 000-00 gely.

Vermeulen is op borgtog van R10 000 vrygelaat en die saak is tot 24 November 2021 uitgestel.

Leave A Reply

Your email address will not be published.