Huis Namakwaland vermaak inwoners met heerlike Kersete

0

Huis Namakwaland se beroemde kersete, is ‘n jaarlikse instelling wat in November plaasvind.

Die geleentheid dien as ‘n afskeidsfunskie vir die afsluiting van die jaar, vir die bejaardes.

’n Woordvoerder van Huis Namakwaland, Ronell Whiting, het aan NFM Nuus vertel dat hulle hierdie jaar baie hulp van die gemeenskap ontvang het om die geleentheid moontlik te maak.

“Die gemeenskap het ‘n gehelp om die geregte voor te berei en een van die inwoners se kinders het die tent versier.”

Die bejaardes is ook vermaak met ‘n optrede deur die Sandvelders.

Die kersete was ‘n goeie ontspanningsessie vir die berjaardes, veral na die moeilike jaar wat almal moes deurmaak.

Whiting vertel dat die ou mensies heerlik ontspan het en kon vergeet van alle stres en eensaamheid wat die COVID-19-pandemie veroorsaak het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.